Genade teenoor die blindes

Genade teenoor die blindes

Dinge is baie meer involved as wat dit voorkom.

Het julle geweet dat die rede hoekom ons nog leef en die hemel en aarde nie lankal vernietig is nie juis is as gevolg van genade? Yeshua en Yahweh doen alles in hulle vermoe om elke liewe mens te red van die tweede dood.

Elke keer wanneer ons lees “gered” moet ons vra “gered van wat?” Jy sien daar is verskeie dinge waarvan jy “gered” kan wees. Jy moet eers daardie antwoord bepaal. Gered van die tweede dood? Gered van die verdrukking? Gered van die toorn? Gered van alledaagse situasies? Gered van wat?

Luk 21:36 se ons moes bid dat ons ALLES sal vryspring wat kom. Daardie “gered” verwys nie na “gered” van die tweede dood nie.

Ons moet so na elke ding kyk en dieper vrae vra sodat ons nie met hoogmoed kennis deel nie en sodoende ander vertrap nie. Ek besef by die dag meer en meer hoe genadig ons Vader is. Onthou net dis die wat gesondig het wat genade nodig het.

Het julle geweet dat selfs die toorn is daar om mense te SMEEK om te bekeer na die Torah en Yahweh se wil.

Tydens die bakke wat uitgegooi word in Openbaring sien ons paar keer staan daar:

“End they repented not…”

Yeshua het nie gekom om die wereld te condemn nie maar om die wereld te red. Red van wat? Red van die tweede dood.

Dis stap 1.

Nou is jy ‘n nuut gebore baba wat melk nodig het en dan moet jy vorder en groei totdat jy uiteindelik vaste kosse kan eet. Daarna moet jy leer kruip gevolg deur loop dan hardloop. Kleuter skool dan laer skool dan senior skool daarna kollege of universiteit ens ens ens…

Geloof is ‘n proses.

Kom ons lei en begelei en moedig ander aan om vorentoe te beweeg in die wedloop van die lewe. Sien die lewe is reeds moeilik genoeg. Los die oordeel aan Yahweh en Yeshua. Hulle weet wat hulle doen. Ons weet nie genoeg om dit in ons hande te neem nie. Ons kwalifiseer nie.

Ek het gaan kyk hoe my broer die eerste keer comrades hardloop en ek het so baie geleer ten opsigte van die geloof. Die Skrif verwys nie verniet na die lewe as ‘n wedloop nie. Om te verstaan wat dit beteken gaan kyk bietjie wat behels ‘n wedloop.

Soos ek hierdie prentjie skets dink aan die geestelike sowel as die vleeslike wedloop.

In die begin is almal excited en vol energie en vol braafheid om die wedloop aan te pak.

Dan begin die opdraandes en draaie  jou bietjie werk en jy kan moontlik krampe begin kry. Onthou nie almal se wedloop is dieselfde nie. Sommiges kan 100km doen en dit laat lyk asof hulle vir Sondag middag uitstappie gaan maar ander sukkel met die basics van die wedloop.

Nie een van hulle het nodig om te hoor hoe moeilik die wedloop is en dat hulle die of dat verkeerd doen nie. Baie keer weet hulle self dat hulle nog baie leer werk het. Die Ruach werk met elkeen en Hy werk met elkeen anders want ons elkeen is uniek.

Soms stop hulle vir ‘n massage van musscles sodat hulle die wedloop verder kan doen. Maar hoe nader hulle kom aan die einde hoe moeiliker word die wedloop.

Dan moet die aanmoediging al sterker word sodat hulle tog dit net betyds oor die wenstreep sal maak om te kwalifiseer vir ‘n prys. Op hierdie stadium sal enige vorm van kritiek hulle in hulle spore laat stop en opgee. Dit wanneer hulle moontlik tog die wedloop sou kon voltooi.

Kanse is dat elkeen van ons gered was in die kerk stelsel. Ons het wel geleer daar. En gegroei. Totdat ons uiteindelik die lig van die Torah gesien het. Dis amazing! 

Maar ander sien nog nie. 

Kom ons moedig hulle aan mense. Kom ons tree in vir hulle en pleit om genade vir hulle dat Yeshua hulle oogsalf sal gee sodat hulle kan sien.

Pleit dat die Ruach vir hulle begrip sal gee want alleen die Ruach kan dit doen. Dit is nie ons doel om dit te doen nie.

Hoeveel keer vas ons vir ander? Dis maklik om klippe te gooi maar stop ons en tree in vir hulle by Yeshua en pleit om genade vir hulle? Vas ons vir hulle?

Kom ons fokus op ons eie verbetering in die Skrif en om ons eie self te kruisig en los maar die oordeel en klippe gooi. Oordeelsdag was nog nie hier nie. En hoe het Yeshua gese? Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Dis Yeshua. Alleen Yeshua.

Daar is ‘n groot massa mense wat soos vuur heen gered sal wes. Gered van wat? Gered van die tweede dood.

Daarna is dit ons werke en gehoorsaamheid wat sal bepaal watter prys ons kry. Die wat meer geoefen het en meer van hulle self gekruisig het sal beter vaar in die wedloop as iemand wat daardie dag besluit het om die wedloop te begin sonder enige oefening .

Die 10 maagde. Lees mooi. AL 10 is deel van die KONINKRYK van die hemel. Dus is AL 10 gered van die tweede dood. Maar 5 is wys en 5 is dwaas. 

Waar le die verskil? 

Hierdie is ‘n baie diep en groot studie en sal wel later bietjie meer daaroor deel. Maar dink bietjie hieroor.

Kom ons gehoorsaam Yahweh en Yeshua sonder om die genade wat in die bloed van Yeshua is te vergeet.

Tot volgende keer.

Shalom

Mieke

Droogte is ‘n oordeel

Hoekom is Suid Afrika onder so ‘n vreeslike droogte? Hoekom loop een dam na die ander leeg? Vanaf 2015 is daar geweldige droogte in hierdie land en ten spyte van verskeie gebede wat langs die pad of in groot byeenkomste gereel is het Yahuah nie genoeg reen gestuur nie.

Hier volg fotos en videos van gebede wat op social media gedeel word.


‘God is die reënmaker en ons is sy kinders’ – Buchan bid met boere – Volksbladnuus 31 Januarie 2014


Vrystaters bid op hul knieë vir reën – Netwerk24 – 17 Nov 2015


Bothaville, 27 November 2015 – Boere landwyd word deur die droogte op hulle knieë gedwing. Boere en plaaswerkers het in die Vrystaat saamgetrek om te bid vir reën. ENCA – 27 November 2015.


Hoekom word gebede nie beantwoord nie? Kyk hoe leeg loop ons damme.

VAALDAM: 14 Augustus 2016

Worst drought in 30 years hits Sout Africa – BBC News – 30 Nov 2015


Daar is veel meer om te deel hieroor maar sal nie alles hier kan deel nie. Kom ons kyk bietjie hoekom die gebede nie beantwoord word nie.

As My volk, wat in My Naam (Karakter en Outoriteit) geroep is, hulleself verneder (vas), bid, My Teenwoordigheid soek en wegdraai van hul verkeerde lewenswyses, dan sal Ek vanuit die hemel hoor, hulle sondes vergewe en hulle land genees. 2 Kron 7:14

Mag Yeshua en Yahuah ons genadig wees.

Tot volgende keer

Shalom!

Mieke